Paidion Kinderbediening se eenjarige Sertifikaatkursus

Bybelgefundeerd * Praktykgerig * Professioneel

Inskrywingsprosedure en

Inskrywingsvorm vir 2025

is heel onder

Kort Leerprogram met Bevoegdheidsertifikaat

Leraars ontvang 30 VBO-punte

VIR WIE?

  • Leraars en hulle vrouens
  • Voltydse en vrywillige kinderbedienaars
  • Kategete/ Sondagskoolonderwysers
  • Kinderkrans-/ Kinderbondleiers
  • Onderwysers
  • Ouers
  • (Voornemende) au pairs
  • Enigeen wat andersins werk met of met ‘n liefde vir kinders

SÊ WIE?

Verskillende kerke:

‘Dit is loshande die waardevolste opleiding wat ek in my bediening ontvang het. Ek kan die Paidion Kinderbedieningkursus vir enige leraar, jeugwerker of vrywilliger met groot vrymoedigheid  aanbeveel. Die teorie van die kursus is Bybelgefundeerd, wetenskaplik verantwoordbaar en tydloos … Die kursus loop uit op praktiese vaardighede wat aangeleer word …’
Ds Sakkie van den Bergh (Leraar, NG Kerk)

‘ ’n Onmisbare deel van elke predikant, jeugwerker en ouer se lewe.’
Ds Francois Human (Leraar, NG Kerk)

’Uitstekend! In pas met my hart vir die skep van ‘n nuwe Bybelse generasie!’
Past Johan Pieterse (Pastoor, AGS)

‘ ‘n Noodsaaklike kursus vir almal wat in kinderbediening staan. Sonder hierdie kosbare kennis van die kind en die aanbieder is dit eintlik gevaarlik om in kinderbediening te wees. Sjoe, wat ‘n voorreg om hierdie kursus te kon doen! Baie dankie vir die jaar se onderrig, ondersteuning en motivering. Dit is nogal met ‘n traan in my oog dat ek vanaand my laaste taak aan jou stuur. Ek sal dit vir altyd koester.’
Desirie de Beer (Kinderkerkkoördineerder en pastorale berader by ‘n laerskool)

‘Die beste ding wat op hierdie ouderdom met my kon gebeur.’
Edna Piek (Voormalige Vrouebondvoorsitter in die VGK & laerskoolonderwyseres)

‘Hoekom het ek nie dié inligting reeds 20 jaar gelede in my onderwysloopbaan ontdek nie? Dit sou van my ‘n beter onderwyseres gemaak het om die kind beter te verstaan … Fantastiese inligting!’
Annatjie Fourie (Lidmaat van Gemeentes in Christus & laerskoolonderwyseres)

Nog ‘n leraar

’Daar was vier groot lewensveranderende keerpunte in my lewe: my bekering, huwelik, koms van my kinders en hierdie kursus!’  Ds Derick du Toit (Leraar, NG Kerk)

Nog onderwysers

‘Ek het meer in dié kursus oor die kind geleer as in my 4 jaar in onderwysopleiding.’
Biggs van Wyk (Laerskoolonderwyser)

‘Die beste kursus van sy soort waarvan ek bewus is.’
Ronél du Randt (Kleuterskoolhoof & was kleuterkerkleier in ‘n makrogemeente)

‘ ’n Ongeëwenaarde hoogtepunt, onbeskryflik wonderlik, lewensveranderend en verrykend. ‘n MOET vir elkeen wat entoesiasties is oor God se hart vir kinders.’
Dr Tiesie de Coning (Oud-dosent aan PU vir CHO, oud-onderwyseres & kinderkerkkoördineerder van ‘n makrogemeente)

KURSUSINHOUD

Module 1: ʼn Definisie van kinderbediening

  • Die subjek, objek en taak van kinderbediening

Module 2: Die kerk (Die subjek van kinderbediening)

  • Wat is die bestaansdoel van die kerk?
  • Hoe word ‘n mens deel van die kerk?
  • Kan kinders ook reeds deel van die kerk word en word kinders op dieselfde manier deel van die kerk as tieners en volwassenes?

Module 3: Die kind (Die objek van kinderbediening)

  • Wie is die kind? (Sy interne en eksterne uniekhede)

Module 4: Kinderbediening (Die taak van kinderbediening)

  • Die karakter van kinderbediening (Die kernwaardes van kinderbediening)
  • Op watter praktiese maniere kan die kerk die kind bedien met betrekking tot:
    • Geloofsekerheid
    • Gods Woord
    • Gebed
    • Gemeenskap van gelowiges
    • Gawes
    • Getuienis
    • Geïntegreerdheid
    • Groenbewustheid
    • Geveg (met die duiwel)
    • Gees
  • Watter riglyne is daar vir die maak en benutting van enkele visuele hulpmiddels?

Module 5: Kinderetiek en Kinderpastoraat (Die taak van kinderbediening vervolg)

  • Hoe kan ‘n kind in sy keuses begelei word?
  • Hoe kan ‘n kind uit sy krisisse begelei word?

UITKOMSTE

Om aan jou:

  • die nodige denkraamwerk te verskaf van waaruit jy oor kinderbediening moet dink,
  • die bes moontlike kennis jeens kinderbediening te bied,
  • die nodige vaardighede jeens kinderbediening te bied,
  • die nodige gevoel te bied dat jy met vrymoedigheid en vertroue oor kinderbediening kan dink, praat en doen en
  • van ‘n Paidion Kinderbediening Bevoegdheidsertifikaat te voorsien.

KURSUSLEIER

Dr Leon van Zyl

  • was 25 jaar in die voltydse gemeentelike bediening,
  • het kinderevangelisasie-opleiding in die VSA ontvang,
  • het 30 jaar ondervinding in kinderbediening,
  • was by verskeie kinderbedieningkonferensies in die VSA,
  • was assistent-Nasionale Direkteur van Kinderevangelisasie Beweging SA (KEBSA/ CEFSA),
  • was Hoof: Kinderbediening by die Hugenote Kollege,
  • is sedert 1996 Hoof: Paidion Kinderbediening,
  • was genooide kinderbedieningstudieleier by die Teologiese Fakulteite van die Universiteite van Stellenbosch, Pretoria en Vista,
  • ontvang in 1999 die CBSA-toekenning vir die beste kinderboek in SA: Jy mag maar vra … oor God en Jesus,
  • was medeskrywer van die Jy mag maar vra-omnibus (2005) en skrywer van Die ontwikkelingsfases van jou kind (2007) en
  • het die kinderbediening by kerksondermure (NG Kerk Verwoerdburgstad) van 2000 tot 2004 gevestig.

KURSUSBESONDERHEDE

Sluitingsdatum vir inskrywing: 21 Feb 2025
Kwalifikasie: Persone van alle denominasies met minstens ‘n graad 12 of gelykwaardige sertifikaat
Koste en betalingsopsies: Op Inskrywingsvorm (Wissel tussen R4000 en R4300/ persoon. Afslag vir vroeë en groepinskrywings.)
Kursustydsduur: 1 Jaar per korrespondensie en prakties op ‘n Vrydag en/ of op ‘n Saterdag na die Oktober-skoolvakansie
Kursusomvang: 5 modules/ boeke
Voertaal: Afrikaans en Engels
Take en assessering: Net 2 tot 3 baie kort take per module, net assessering van take & geen eksamens nie
Studiebegeleiding (STB): STB 1 aan die begin van Maart (met kursusaanvang), STB 2 net na die Julie-skoolvakansie en STB 3 net na die Oktober-skoolvakansie (met Prakties).  Verkieslik persoonlike teenwordigheid by STB 1 & STB 2 in die noorde (Pretoria) of suide (Kaapstad). STB 1 & 2 kan ook op Teams gevolg word indien persoonlike teenwordigheid nie moontlik is nie.
Ontvangs van kursusmateriaal: Modules 1 & 2 word met die STB 1 in Maart ontvang. Orige modules word met tussenposes en op spesifieke tye elektronies aan leerders versiend.
Prakties: Verpligte persooonlike teewoordigheid saam met STB 3. ‘n Hoogtepunt op ‘n Vrydag en/ of op ‘n Saterdag net na die Oktober-skoolvakansie in Pretoria of Kaapstad.
Sertifikaat: ‘n Paidion Kinderbediening bevoegdheidsertifikaat word deur leerders na suksesvolle voltooiïng van die kursus verwerf.

KOPIEREG

Daar is kopiereg op alle materiaal. Dit beteken dat dit in geen vorm gedupliseer of gereproduseer mag word sonder skriftelike toestemming van Paidion Kinderbediening nie.

Paidion Kinderbediening gee egter hiermee skriftelik toestemming aan leerders dat:

  • dit eenmalig vir eie gebruik binne 5 dae na ontvangs gedupliseer of gereproduseer moet word en

vereis dat:

  • dit onmiddellik daarna van die (skoot)rekenaar/ toestel afgevee moet word en
  • die gebruiksreg aan niemand anders gegee mag word nie.

INSKRYWINGSPROSEDURE

  • Vul die Inskrywingsvorm hieronder in.
  • Die Inskrywingsvorm word outomaties deur jou ingedien by paidion@paidionweb.co.za
  • ‘n Faktuur sal hierna aan jou gestuur word.
  • ‘n Verwelkomingsbrief asook besonderhede oor die aanvang van die kursus sal ook aan jou gestuur word.
  • Jou gekose betaling moet op die laatste teen 21 Feb 2025 in Paidion Kinderbediening se rekening (met bankbesonderhede onder) inbetaal word en ‘n Bewys van Betaling moet ook na paidion@paidionweb.co.za gestuur word.
  • Kursusmateriaal sal met tussenposes en op spesifieke tye elektronies aan jou versend word.
  • Die kursusmateriaal moet binne 5 dae na ontvangs eenmalig gedupliseer of gereproduseer word en moet dan onmiddellik van die (skoot)rekenaar/ toestel afgevee word. Vgl Kopiereg hierbo.

BANKBESONDERHEDE

Rekeningnaam: Paidion Kinderbediening
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 406 815 1459 (Tjek)
Takkode: 632 005
Verwysing: Kursus25 Voorletters en van (bv Kursus25 I Erasmus) of Kursus25 Gemeentenaam x getal leerders (bv Kursus25 AGS Bellville x 5)

INSKRYWINGSVORM VIR 2025

Voltooi die onderstaande inskrywingsvorm vir Paidion Kinderbediening se eenjarige Korrespondensiekursus vir 2025

© Copyright - Paidionweb