Paidion Kinderbediening se Werkswinkels en Konsultasie

WERKSWINKELS

Werkswinkels word aangebied vir gemeentes, skole, ouerleidinginstansies en ander instansies wat kinders op een of ander wyse bedien of opvoed. Meer as 300 werkswinkels is sedert 1997 vir meer as 7000 volwassenes aangebied.

STREEKWERKSWINKELS

Paidion Kinderbediening bied kort na die aanvang van ‘n nuwe jaar streekwerkswinkels aan om personeel van kinderkerke/ kategeseskole/ Sondagskole en ouers van gemeentes van die nodige motivering, kennis en vaardighede vir die nuwe jaar toe te rus.

KONSULTASIE

Paidion Kinderbediening bied konsultasie aan gemeentes oor hulle bediening van kinders tot en met graad 6.

© Copyright - Paidionweb